Three Mile Island

Three Mile Island

Three Mile Island is 'n kernkragsentrale in Harrisburg, Pennsilvanië in die Verenigde State van Amerika. Die sentrale lê op 'n eiland in die Susquehanna-rivier en beskik oor twee drukwaterreaktors genaamd TMI-1 en TMI-2. Op 28 Maart 1979 het Amerika se ernstigste siviele kernongeluk hier plaasgevind. Reaktor TMI-2 se verkoelingstelsel het gefaal wat tot 'n gedeeltelike smelting van die reaktor gelei het en 'n aansienlike hoeveelheid straling in die atmosfeer vrygestel het.


Developed by StudentB